18:00 Mike & Molly (M-Net): Samuel wil graag ’n komediant word. Molly gee Harry onvanpaste raad.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Ná Astrid se raad staan Jimmy bont om simpatie by die Rosers te kry, maar Eben het sy mes in vir hom. Die vraag is, wie gaan wen? Wouter se kop werk oortyd aan ’n sakeplan, en maklik is dit nie. Sussie kry ’n verrassende en skokkende aanbod.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn kan nie wag om haar dienste by die huis voort te sit nie – ook aangesien sy en haar pasiënt hoop hulle het die woonstel vir hulself. Wimpie vrees hy is ernstig siek en dring aan op behandeling. Margot het net een kans om te verseker dat die waarheid wel uitkom.

18:30 7de Laan (SABC2): Die meisies reël ’n protesoptog teen seksuele teistering. Intussen moet Hilda ’n krisis oplos net voor sy lughawe toe moet gaan.

19:30 Bravo! (kykNET): Die kies van die wenner van Sarie se voorbladgesig-kompetisie is ’n lang proses van wik en weeg. Die Bravo!-span gaan kyk ’n bietjie hoe dit gebeur. Hulle gaan ook terug in die tyd toe rock-musiek ’n heel ander betekenis gehad het, en kuier by die manne van die gewilde SA-rockgroep The Bats. Dan is dit tyd vir die Want ons Kan-konsert, altyd ’n treffer onder gehore en sangers.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:30 Breakin’ All the Rules (e.tv): ’n Man skryf ’n topverkoperboek nadat sy verloofde hom gelos het.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.