16:30 Toks En Tjops (kykNET & kie): Ons kenners, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer, kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland - van die duikslae tot die skeidsregters.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Chrissie is ongelukkig in haar nuwe skool. Lorrette besef haar koshuisdae is finaal verby en Gideon plaas druk op Tommie oor sy toekomsplanne. Denver voel Jade skeep hom af.

18:30 7de Laan (SABC2): Kim steek haar neus in ander se sake. Felicity gee advies aan Nandi. Willem het nie tyd vir Gita nie.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné voel gereed vir sy eerste dag van sy praktiese opleiding. At dink Conrad het nog baie om te leer van vrouens, en Pippa probeer vir Esther ondersteun. Danny maak vinnig vriende en Conrad is bekommerd oor sy toekoms.

19:30 Top Billing (SABC3): Die krieket word uitgesaai in die slot van Top Billing.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons is by die Bridge Of Hope damesfunksie. Ons neem kiekies met die Koekedoor beoordelaars en hoor wat ons te wagte kan wees vir seisoen 2. Ons kuier ook in die Kaap by die sepiester, Desiré Gardner en haar man, Chris.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen gesels met Afrikaanse musiek se stoutseun, Ray Dylan. Die derde reeks kom tot 'n einde met 'n paar verrassings en hoogtepunte.

20:30 Lorraine Pascale Cooking Made Easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons besoek 'n man wat Volkswagen kombi's restoureer, vind uit waarom 'kale' tans 'n oomblik in die son geniet en gesels met aktrise Marisa Drummond oor haar rol in Fluiters en haar werk as regisseur op Getroud met Rugby.