Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Nadine groet haar Bloemfonteinse vriende met groot moeite, terwyl Vicky ’n hand van vriendskap na Sussie uitsteek. Intussen is Liam se bose plan in sy finale fase en ’n tragedie begin hom in Isabel se woonstel afspeel.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Hoe gaan Emma reageer wanneer sy uitvind wat fout is met haar? Wie kry sjampanje, nougat en blomme by Koot (en hoekom)?
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Rian kry ’n onverwagte besoeker uit sy verlede en iemand se belangstelling in ’n Koster skiet die hoogte in.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs uit alle dele van Australië ding mee om die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die Masterchef-titel wen.
  • 19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span gaan kyk agter die skerms van een van die gewildste musiekblyspele van alle tye: The Sound of Music. Hulle loer ook in by Karin Hougaard
  • 20:00 Jou Show (kykNET): Een van Suid-Afrika se snaaksste komediante, Nik Rabinowitz, die rock-groep aKing en die Die Gugulethu Tenors kuier saam in die ateljee.