17:30 Woema (KykNET): Theunis, Anria en Johan deel alles en nog wat oor motorfietse. Word deel van die avontuur!

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Andrew en Zach probeer Simon se selfvertroue ’n hupstoot gee nadat hy ’n kreatiwiteitswedstryd verloor het. Intussen wonder Sydney of sy dalk te geheg aan haar nuwe troeteldier raak.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Sussie is in haar element as Louw se oppasser, maar almal is nie ewe geesdriftig nie. Vicky kry boonop ’n e-pos uit die Kaap wat dreig om Fritz se wêreld weer op sy kop te keer.

18:30 7de Laan (SABC 2): Die situasie waarin Nadia haar bevind, vererger. Pulane verneder Sifiso voor al sy snobistiese vriende.

18:30 Binneland (KykNET): Marlien se optrede verbaas Gideon, terwyl Gideon nie al is wat op soek is na Marlien nie. Binneland kry baie slegte publisiteit.

19:30 Revenge (M-Net): Die Graysons probeer hulself beskerm toe die vermoede toeneem oor wie Emily geskiet het. Jack gaan deur foto’s wat Marguax op die troue geneem het en kom af op iets belangriks.

20:00 Jou Show (KykNET): Louw Venter en lede van die werklikheidsreeks Huis van Davids neem vanaand die bank oor. Die talentvolle Mr. Cat and the Jackal lewer ’n treffervertoning met hulle vreemde instrumente.

20:30 The Devil Wears Prada (e.tv): ’n Naïewe jong vrou trek New York toe om haar drome as ’n skrywer te verwesenlik. Sy kry ’n wonderlike werk by een van die grootste tydskrifte in die stad, maar die redakteur is genadeloos en sinies.