Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): ’n Argitek van Pretoria se kamer word in ’n drieledige vertrek met werk-, slaap- en ontspanplek omskep.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die Villa loop deur onder ’n joernalis se tong. Stef moet sy werk bedank, maar dis die minste van sy probleme. Beulah weier om te aanvaar dat haar romanse met Wouter iets van die verlede is.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko en Anna maak uiteindelik vrede. Gaan Dewald en Sonja se vriendskap ’n effek hê op hul verhouding met Nadia? Felicity voel sy en Herman moet aan hul huwelik werk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ilse vind dit moeilik om alleen die lewe se stroms te trotseer. Gustav en Jana sit nie om dieselfde vuur nie. At het rede om skelm te glimlag. Twee verlore siele deel ’n oomblik en Herman konfronteer Roelf.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode dwing Harvey se paniekaanvalle hom om na sy lewe te kyk.

20:00 Bravo! (kykNET): Die span kuier agter die skerms by 2015 se Krone-konsert. Tracey en van die Villa Rosa-akteurs vertrek na Mosambiek om Elsje Tielman se toerisme-onderneming te verken.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier Dozi, Katlego Maboe en Edwin van der Walt by Karen.

21:00 True Detective (M-Net Edge): ’n Uitmergelende misdaadreeks waarin die polisie en lede van die Los Angeles onderwêreld koppe stamp en ook saamwerk om ’n bose moordenaar in hul midde op te spoor.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.