Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Ilse Kook (kykNET): Gesond eet beteken nie dat jy nie lekker kan eet nie. Vandeesweek maak Ilse ’n volstruisgereg met beet, bloubessies en bokkaas, ’n lemoen-en-basiliekruid-hoender-toevoubroodjie met tuisgemaakte rooipeper-hummus, ’n rys-toevoubroodjie met sitrus-en-soja-dooppsous, asook ’n maklike salm ceviché.

19:32 Bravo (kykNET): Die aanbieders kuier by die akteurspaar Johan en Lida Botha op Leipoldtville in die Wes-Kaap, woon Joshua ná die Reën se CD-bekendstelling asook kykNET se Silwerskermfees by, en gaan speel saam met Vlooi en sy maats in die Kunstekaap-teater.

20:03 Nege Maande (kykNET): Nadya sterk aan ná die geboorte van haar baba. Amore se pa bied haar ’n nuwe werkgeleentheid aan en Riolla neem Shelton na sy eerste sonar. Nog ’n ma begin kraam.

20:30 Army Wives (M-Net Series Showcase): Denise raak betrokke by ’n noodgeval in die hospitaal. Patrick beëindig teësinnig sy verhouding met Gloria. Roland stel Joan voor ’n keuse.

20:30 Hawaii Five-0 (M-Net): Nadat iemand McGarrett probeer kaap, ontmoet hy en Catherine ’n seuntjie wie se pa vermis word en dalk in gevaar verkeer.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): In ’n poging om aan te beweeg na haar man se dood gaan Nora op ’n afspraak, maar dit verloop nie so vlot soos sy beplan het nie. Kitty besluit om op ’n baie ongemaklike dubbel-afspraak met Jonathan en Warren te gaan en Kevin vind aanklank by Scotty.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.