17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Chris wys hoe om gister se oorskiet in vandag se fynproewer-maaltyd te omskep. Die oorblyfsels van ’n hoenderbraaiboud word gebruik om die basis te skep vir ’n tuisgemaakte aftreksel.

18:00 Mike & Molly (M-Net): Molly ontmoet haar rolmodel, J.C. Small, ’n sinikus wat haar raad gee hoe om oor haar diepste hartsgeheime te skryf. Intussen nooi Mike sy ma vir aandete om haar op te beur.

18:00 Tropika Island of Treasure (SABC1): Dis ’n Suid-Afrikaanse werklikheidskompetisie waarin sewe bekendes en sewe gewone deelnemers op ’n eksotiese eiland teen mekaar meeding vir R1 miljoen prysgeld.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sally en haar kameraspan stoomrol die Villa in. Sussie is skielik onseker of sy die regte besluit geneem het. Sally-hulle se teenwoordigheid ontlok verskeie reaksies onder die Rosers.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Danelle ingee en ’n drankie saam met Jaco gaan drink? Matrone kry ’n verrassende aanbod. Gita begin konkel om Herman se planne in die wiele te ry.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Sonja se tuiskoms is alles behalwe ’n hartlike geleentheid. Pippa het goeie raad vir Margot oor Daleen. Okkie sit sy voet neer oor ’n bord kos.

19:30 24: Live Another Day (M-Net): Joe en Chloe is op die spoor van die kuberkraker wat die sleutel kan wees tot die meesterplan om pres. Heller onder te kry. Intussen is Kate warm op Joe se spoor.

19:30 Isidingo (SABC3): Eddie worstel oor of hy sy dogter vir dwelmhandel in hegtenis moet neem. Die Kondile-gesin dink al hul probleme het tot ’n einde gekom, maar Zeb kan dalk ’n onverwagte struikelblok wees.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span gaan kyk na die bekendstelling van Zetske van Pletzen se eerste klerereeks. In die gees van Vadersdag wat nader kom, bring die Bravo!-span tyd deur saam met Danie Niehaus en sy seun, Taro.

20:00 Kokkedoor (kykNET): ’n Afval-aand herdenk dié weggooivleis se herwaardering in fynkook-kringe. Tong en rolpens kry die restaurant-behandeling in ’n marathon-kookuitdaging. Die gassjef wys hoe om afval van vaal na gastronomies te neem.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.