17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Een van die mees unieke feeste in ons land is die Darling Voorkamerfest. Vanaf Evita se Perron vir jou in die voorkamers van die mense van Darling.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef wil van Astrid se as ontslae raak, maar Gunther stel meer belang in wat tussen Stef en Astrid gebeur het. Nico maak ogies vir Sonja en sy laat haar dit welgeval. Anthony raak net dieper betrokke by Maryke se lewe, al wil sy skynbaar glad nie sy hulp hê nie. Gunther kry herinneringeuit sy kinderjare wat meebring dat hy nog meer vrae het en Vicky maak ‘n bekentenis teenoor Marius.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Bernard vir Danelle veg? Ons kan net hoop dat Vince van beter weet as om Gita se hulp te aanvaar. Dali is hals oor kop verlief op Nthabi.

19:30 Binnelanders (kykNET): Susanna gee vir Jana raad oor hoe om At te benader, en Ivanka sit met die hande in die hare. Pippa vra Rian ‘n ongemaklike vraag, en Cheri-Lee vra Gustav vir hulp. Daar is ‘n hewige konfrontasie in ‘n amper donker kamer en Susanna en Anton deel so bietjie meer oor hul onderskeie verledes met mekaar.

19:30 Man Cave (SABC3): Janez Vermeiren en Lunga Shabalala ding mee in die “ultimate bro-down”.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Pleinstraat in Stellenbosch word opgetof vir die Longridge Langtafel. Ons gaan kuier by die gewilde TV-aanbieder Elma Smit. Ons vier 'n eeu saam met NASPERS. En maak dán ’n draai by die rocker Arno Carstens

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:00 Crossbones (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde akteur John Malkovich vertolk die rol van die legendariese Blackbeard in hierdie seeroweravontuur. Lowe vertrek na Jamaica nada thy ’n ooreenkoms met Blackbeard sluit.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Sandra vertrek op ’n nostalgiese trip saam met die groot dame van die teater, Wilma Snyman. Trane vloei en saam lag-lag hulle oor jare wat wel leer.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.