boerlogo

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Simon, Zach en Sydney hou van die nuwe, aantreklike Helena. Andrew neem beheer oor van ’n reklameveldtog met ’n intimiderende akteur.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoe sal Kim en Henk se eerste afspraak afloop? ’n Skoonheidshuis oorweeg dit om vir Annelie in hulle nuwe veldtog vir hare te gebruik.

19:30 Once Upon a Time (M-Net Series Showcase): Regina prober met die hulp van Hook ’n plan beraam om haar en Henry terug te neem na Fairytale Land.

19:30 Bravo! (kykNET): Die span kuier by die musiekjoernalis Ilza Roggeband en woon die première van die nuwe fliek deur Leon Schuster by.

19:30 Revenge (M-Net): Victoria doen ’n dapper stap met Patrick.  Margaux stel iets aanlokliks voor aan Daniel.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Dis tyd vir die boer om te besluit: Watter vrou wil hy nog beter leer ken? Is albei vroue nog gretig om die boer se vrou te word? Angelique vind uit op watter plase die liefde vol in die blom staan. Vandag kies die boer dié vrou wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees. Die liefde is egter onvoorspelbaar en ’n mens weet nooit wat die dag sal oplewer nie.

21:30 Fringe (M-Net): Slot. Die span kom teen die Observers te staan in ’n laaste stryd.