18:00 Mike & Molly (M-Net): Carl, Mike en Samuel durf die langpad aan na Memphis om Carl se ma vir die eerste keer te ontmoet.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter se planne om oorsee te gaan veroorsaak struweling tussen Fritz en Mari. Anthony sukkel om sy tesis af te handel. Marius en Carina het nie die moed om vir mekaar te sê dat nie een van hulle die Lentedans wil bywoon nie. Astrid teiken Wouter as haar volgende slagoffer.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Quinton probeer sy fout regmaak, terwyl Eileen inligting by Margot wil hê. Dit is tyd vir ’n besoeker om huiswaarts te keer, maar die hoop beskaam nie dat sake finaal uitgepluis sal word nie. Ilse besluit om iemand sagkens aan te spreek, terwyl Nina ’n welkome geskenk ontvang – en iemand se besluite jaag Jana die harnas in.

18:30 7de Laan (SABC 2): Het Gita moord gepleeg om haar en Ty te beskerm?

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET):Die hele episode word gewy aan die Silwerskermfees: die pryse, die flieks wat gewys is en die bekendes wat dit bygewoon het.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

22:30 Two And A Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.