17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida is gespanne oor Dietmar se begrafnis. Celine kry weer ’n geskenk by Chubby. Vicky nooi Saskia troue toe.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman draai sy rug op sy seun. Diederik raak venynig. Is dit te laat of sal Kim haar fout kan regstel? Marko en Anna is bekommerd oor Nina.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné maak sy hart oop teenoor Van en Wimpie probeer ’n punt bewys. Daleen is bekommerd oor haar beste vriendin se houding teenoor haar man, en dit wil blyk asof iemand se pyn simptomaties is.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Reign (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks oor die jong Mary, Koninging van Scots.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:30: Koekedoor (kykNET): Hierdie is die finale episode in die eerste reeks van Koekedoor. Wie gaan met die titel van SA se topbakster wegloop. Mareli of Martjie?

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.