17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Elma vind uit hoe om veilig aanlyn inkopies te doen en Gretha Wiid verduidelik meer oor finansies bestuur.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gerhard sien daarna uit om weer op sy plaas en by die koöperasie uit te kom. Paul reik uit na Carina, maar Eben gee hom slegte nuus.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Die groot dag het vir Sonja aangebreek. Vandag bepaal die res van Emma se lewe. Sal sy in staat wees om haarself te verdedig?

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Onvergeetlike avontuur begin vir Michelle toe sy ontvoer word, terwyl ’n dokter se onveranderde situasie rede tot kommer is.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span vier saam Tracey Lange haar 30ste verjaardag en ons gesels met Bobby van Jaarsveld. Die bekende Linda Kriel wys ook hoe om jou lyf vir somer reg te kry.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Oor die afgelope nege weke het die deelnemers dit oor die hele suidelike Afrika heen uitgespook vir die R500 000 prysgeld, die Renault Duster-sportnutsvoertuig, ’n speseryreis Indië toe en die titel as vanjaar se Ultimate Braai Master. Die finale drie spanne kom aan by die Felix Unite Round the Bend-kamp op die oewer van die Breederivier. Hulle is opgewonde en senuagtig, maar die vraag is: Wie van die finale drie spanne die regte kombinasie van spanwerk, braaivernuf en dryfkrag het om die pryse op te raap?

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Die tyd vir grappies en saam kuier is verby – dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning bou op, want elke boer moet binnekort weer ’n keuse maak.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.