Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Xander besef hoe lief hy Vanessa het maar dit mag dalk te laat wees.

19:00 Arrested Development (Vuzu): George-Michael bevind homself in ’n liefdesdriehoek met sy beste vriend, Ray, en sy meisie, Becky.

19:31 Bravo! (kykNET): Ons gaan na die Pink Polo-geleentheid by Val de Vie ten bate van borskanker. Die pianis Charl du Plessis stel sy nuwe CD en DVD, Pimp my Piano, by die Atterbury-teater in Pretoria bekend. SARIE se gewilde kosredakteur, Herman Lensing, stel sy eerste kookboek bekend. En ons kuier by aktrise Tinarie van Wyk Loots, wat onlangs in ’n woordkuns- en musiekproduksie saam met Jannie du Toit opgetree het.

20:01 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Angelique gaan maak ‘n draai op die plase voordat die dames arriveer. Sy gesels met elke boer oor sy voorbereidings vir die vroue se besoek. Waar gaan hulle bly? Wat gaan hulle doen? Dan breek die groot oomblik aan - skielik is daar nie net beeste, vrugte en skape op die plase nie, maar ook drie vroue! Hulle gaan vir ‘n week lank saam met die boer woon en werk, terwyl die boer moet besluit watter een van die drie moontlik die liefde van sy lewe kan wees.

21:30 Fringe (M-Net): Peter beplan om Kaptein Windmark dood te maak. Olivia soek ’n voorwerp wat hulle kan help in hul stryd teen die Observers.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Die familie reël vir Nora ’n 60ste verjaardagpartytjie.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.