16:30 Op die Spyskaart (VIA): Twee passievolle kokke spook dit uit om te sien wie se spog-gereg goed genoeg is vir een van Johannesburg se topspyskaarte. Met aanbieder Amori Burger.

16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Coenie ontmoet die Hemelkinders - dis die mense met Down Sindroom. Ons kuier saam met die jongeres sowel as die ouer garde met hierdie sindroom en vind uit hoe hulle families die pad saamloop.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Villa Rosa, wat elf jaar gelede KykNET se heel eerste sepie was, se slot-episode is hier. Die Retiefs en die Villa se mense het aartsskurke soos Shane en Astrid oorleef, maar gaan Liam die Villa van sy ware skat beroof?

18:30 7de Laan (SABC2): Kim is skielik 'n kenner in verhoudings. Elsa Winterbah toets Paula se vermoë.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): At is reg om terug te baklei na die dreigemente. Naomi probeer vir Tertius oortuig om terug te trek na sy woonstel toe. Rian konfronteer vir Pippa, en Tertius moet om verskoning vra. Frank het slegte nuus vir At.

19:30 Top Billing (SABC3): Die krieket word uitgesaai in die slot van Top Billing.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Getroud met Rugby word 'n sepie en ons is by die bekendstelling. Ons gaan kyk wie met die Fleur du Cap teatertoekennings wegloop, en ons gaan loer in by die eksklusiewe pre-premiere van die film, Modder En Bloed.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Hulle sê sprokies word 'n werklikheid met Karnavaltyd in die Kaap. Sal 'n arm jong meisie van Mitchells Plain, wat droom om 'n danseres te word by die karnaval uitkom? Of sal 'n bose heks haar droom vertrap?

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen gesels met die legendariese tydskrifuitgewer Jane Raphaely oor haar fenominale loopbaan en hoe sy Oprah oorreed het om Suid-Afrika toe te kom, en dan klop sy die klawers saam met Rocco de Villiers.

20:30 Lorraine Pascale Cooking Made Easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Twee akteurs in die nuwe kykNET-sepie Getroud Met Rugby kuier in die ateljee, ons gesels met die bekende musikant Joshua Na Die Reën en ons praat met die juweliersontwerper Mignon Daubermann.