18:00 Mike & Molly (M-Net): Mike dring daarop aan dat Molly na ’n sielkundige toe moet gaan, maar sy wil van niks weet nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter maak dit duidelik dat hy nie in ’n 21ste verjaardagpartytjie belangstel nie; hy wil op sy eie wees. Eben het ander planne, maar hy sukkel om die reëlings te tref en dit lyk of Wouter se verjaardag ’n antiklimaks gaan wees. Stef konfronteer Vicky en die vonke spat in vreemde en verrassende rigtings. Het Sussie haar hart verloor, en wie is Jimmy werklik?

18:30 Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Morné probeer Okkie en Ilse manipuleer. Gustav word teësinnig betrek om weer in die kollig te wees. ’n Vraag oor ’n eks kan dalk die liefdesliedjie stop. Margot probeer haar sin kry – maar is sy dalk van lotjie getik? ’n Boodskap aan Quinton is nie heeltemal wat dit blyk te wees nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Irma word gedwing om werk te soek sodat sy vir haar en Sonja kan sorg, maar sy het geen opleiding of ervaring. Ty en Gita het ’n groot uitval oor Lerina.

19:30 Bravo! (KykNET): Die boytjie van Brackenfell, Pedro Kruger, sing en speel klavier en vat ons terug na sy grootwordplek. Die Bravo!-span kuier ook agter die skerms van kykNET se nuwe promosievideo.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:30 Finding Lenny (e.tv): Dis ’n man se 50ste verjaarsdag en dis alles behalwe lekker. Hy word beroof, afgedank en sy vrou los hom.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.