17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Om geld te bespaar kan lekker wees en vandeesweek kyk Elma Postma na nog moontlikhede wat jou beursie vol sal hou.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET):  Sussie is verpletter nadat sy die waarheid uit Marco se eie mond gehoor het. Almal probeer haar tevergeefs troos. Lindie is ontsteld toe Marius nie vir hul afspraak opdaag nie en sy besef hy voel werklik niks meer vir haar nie. Intussen daag ’n ou familievriend by die Villa op.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Neville gaan sien Vince ná werk. Errol voel sy liefdeslewe kort ’n bietjie woema. Sonja se swangerskap raak vir haar te veel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Michelle Kemp maak haar opwagting by Binneland Kliniek. Karli kry nie die waarheid uit haar ma nie. ’n Verpleegster is al weer in die moeilikheid – dié keer oor pille – en dan veroorsaak ’n spesifieke yskas ook nog probleme. At neem ’n besluit oor Jana.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span gesels met die akteur en musikant Ian Roberts en woon Nianell se CD-bekendstelling by.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Vandeesweek neem elk van die boere hul vyf dames op uitstappies.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie is hier! Kyk hoe 15 spanne teen mekaar meeding om die titel te verower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.