Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Die span reis na Pretoria, waar hulle ’n deurmekaar slaapkamer in ’n werk-en-slaapruimte vir die jong eienaar, ’n argitek, moet omskep.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben is bekommerd oor Celine en probeer uitvind of Wouter regtig vir haar omgee. Saskia steur haar nie aan Liam se leë dreigemente nie en steek Stef teen hom op.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine word op ’n vreemde plek wakker. Bernard is gepak en gereed vir die groot skuif. Herman ruik lont as Nadia vra om weer by Sonja oor te slaap.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka voel skaam oor die vorige aand se gebeure. Jana dink Christiaan moet Roelf vermy, terwyl Lydia twee mense weer nader aan mekaar bring. Roelf het planne van sy eie en Jennifer moet ’n besoeker vertroos.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode is Harvey besig met ’n nuwe saak wat skielik al sy aandag verg.

20:00 Bravo! (kykNET): Die span kuier agter die skerms van die nuwe produksie van West Side Story en loer in by die akteur en vervaardiger Harald Richter. Dan woon die span die Blood Brothers-konsert ten bate van kankerlyers by.

20:30 Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier Wilna Snyman en Louis van Niekerk saam.

20:30 Heat (e.tv): In hierdie riller stuur 'n bobaasspeurder en 'n meesterlike dief op 'n epiese konfrotnasie af wanneer hul paaie kruis. Met Al Pacino en Robert DeNiro.

21:00 True Detective (M-Net Edge): ’n Uitmergelende misdaadreeks waarin die polisie en lede van die Los Angeles onderwêreld koppe stamp en ook saamwerk om ’n bose moordenaar in hul midde op te spoor.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.