17:30 Woema (KykNET): Theunis, Anria en Johan deel alles en nog wat oor motorfietse. Word deel van die avontuur!

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Die hele kantoor is vrot van die griep. Lauren moet ’n groot kliënt in die gesig staar oor openbare betrekkinge.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Jacques haal alles uit om Lerato te beïndruk, maar sy sjarme oortuig Anthony nie. Fran gee Lerato raad wat haar dwing om ’n besluit te neem wat ’n groot emosionele uitwerking op haar het.

18:30 7de Laan (SABC 2): Bonita weet nie of sy Wessel se aanbod moet aanvaar nie. Pieter vlieg Maandag Nederland toe, maar sal Annelie saamgaan?

18:30 Binneland (KykNET): Verhoudings word getoets wanneer ’n derde party daarby betrek word. Een woord verander ’n verhouding onherroeplik.

19:30 Revenge (M-Net): Die troue van die seisoen het eindelik aangebreek. Emily se meesterplan kan in werking tree sonder enige haakplek, maar vyande span saam en dit lei tot komplikasies.

20:00 Jou Show (KykNET): Die Heuwels Fantasties neem die bank oor en die Springbok-kaptein Jean De Villiers gesels saam en verklap van die Bokke se geheime. Daar is ook flamenco-dansers wat die ateljee aan die brand dans.

20:30 There’s Something about Mary (e.tv): ’n Man kry weer die geleentheid om uit te gaan met die meisie van sy drome, selfs al was hulle vorige afspraak toe hulle nog op skool was, ’n volslae mislukking.