17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die bendeleier Chubby het groot planne met Cardo. Marius en Vicky besef hulle moenie toelaat dat Liam hulle lewens omverwerp nie en Vicky voel skuldig oor die interdik wat sy teen hom gekry het.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas is baie opgewonde om Petro te help om ’n kêrel te vind. Paula bereik breekpunt. Sal Xander haar uit hierdie gemors kan help of het sy te ver gegaan?

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie is bevrees dat hulle te veel druk op Morné plaas en Gustav vind uit dat daar nog Du Preez’s op pad is. Maggie konfronteer Herman en Ivanka aanskou iets wat sy nooit sou kon indink nie.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Vikings (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die Noorse held en sy Viking-broers volg.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier saam met Willem Botha op die tropiese eiland Zanzibar. Ons praat met die Suid-Afrikaanse tydskrifmedia-ikoon, Irna van Zyl.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Ons poedingskatkis loop oor van gebakte poedings. Wat die eetbare erfstukke tekort skiet aan skoonheid, vergoed hulle voor met beskrywende name soos ¬fluweelpoeding en telefoonpoeding. Vir hierdie uitdaging kruis poeding se pad met koek; tradisie met vernuwing. Hierdie uitdaging begin met die maak van koeke wat hulde bring aan ons tradisionele, huislike gebakte poeding en die fyngebak-rondte se klassieke patisserie-meesterstuk daag die bakkers se choux-tegnieke uit. Die bakdag eindig op ’n hoë noot met ‘n koekvertolking van trifle (die verlangse niggie van die kabinetspoeding).

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.