17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Vanaand omskep Charlie en Alex ’n kombuis met die hulp van Alida Lambooy van Living Divani Interiors.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia waarsku Lida oor Liam. Tydens 'n beradingsessie onthul Liam nog 'n stuk van sy duistere verlede. Carina probeer steeds om Marius weg van die rand van die afgrond te kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula kry slegte nuus vanaf haar pa. Ty en Willem raak boesemvriende. Xander sukkel om met sy lewe aan te beweeg.

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve raak meer agterdogtig oor Daleen se betrokkenheid by Cindy se ongeluk. 'n Verpleegster deel haar donkerste geheim. Jana besef hoe gevaarlik die plan kan wees en 'n ontmoeting verloop nie volgens plan nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode is Daniel dalk op die punt om uit te vind Mike het nie ’n regsgraad nie.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo!-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooi tapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:00 Reign (M-Net Edge): In vanaand se episode moet Mary kies tussen Frans en Skotland terwyl Francis se toestand versleg.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier Amanda Strydom en die skrywer Deon Meyer by Karen.

20:30 White Chicks (e.tv): Twee swart polisiemanne vermom hulself as wit meisies om ’n ondergrondse dwelmnes oop te vlek in hierdie skreeusnaakse komedie.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

21:30 NCIS: New Orleans (M-Net): Vanaand is die slotepisode. Agent Pride en sy span kry 'n streng waarskuwing van 'n terroris, Solomon Ekpo.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.