Wat is vanaand op die kassie?

18:00 The Middle (M-Net): Frankie kom agter hoe treurig Sue se aanlyn lewe is en skep ’n nuwe profiel vir haar om haar gewilder te maak.

19:30 Bravo! (kykNET): In dié aflewering word daar agter die skerms gekyk na die aanlyn klerewinkel spree.com saam met die webtuiste se stylghoeroe, Chris Viljoen; daar’s ’n besoek aan die spoggeleentheid waarmee die organisasie Cancervive hul jaarlikse motorfietstoer afsluit; en ’n kuier saam met die rugbyspeler Francois Hougaard.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Dis weer tyd vir die aanbieder Angelique Gerber om 10 hubare boere te help om die regte vrou te ontmoet. In die eerste aflewering ontmoet ons die boere.

21:00 Silwerskermfees Kortflieks (kykNET): ’n Spesiale kykie agter die skerms om te sien hoe vanjaar se kortflieks vervaardig is.

21:30 Fringe (M-Net): Die span volg ’n leidraad na ’n goed bewaakte gebou waar hul pad kruis met dié van hul voormalige baas, Broyles.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Sarah, Tommy en Kevin onderneem ’n uitstappie en kom af op nog ontstellende inligting oor hul pa. Justin bieg oor sy redes om by die weermag aan te sluit nadat hy in die hospitaal was.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.