Dit is vanaand op die kassie:

17:29 Proesstraat (kykNET): Melt bestuur mos sy oom se tuisnywerheid. Sy oom het hard geswoeg aan ’n troukoek en Melt het gemeen hy hou dit eerder tot Saterdag by sy woonstel veilig. Maar met die pelle wat kuier, is die koek dalk veiliger by ’n kinderpartytjie!

18:00 Mike & Molly (M-Net): Molly skuif vir eers haar skryfwerk opsy en besluit om by Vince Warehouse te gaan werk.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wanda hoor ’n gesprek tussen Fritz en Stef wat haar nie aanstaan nie. ’n Opregte oomblik tussen haar en Wouter laat haar twee keer dink oor haar leuens en bedrog. Is dit moontlik dat Wanda se goeie kant kan seëvier? Astrid is tevrede met die diamante se wegsteekplek en glo sy het die hef in die hand. Anthony is steeds bekommerd oor Isabel se gemoedstoestand. Stef en Vicky se planne vir ’n rustige aand word in die wiele gery.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Sonja is ontsteld. At probeer die Jonkers se lewe manipuleer. Quinton is bekommerd oor At en Sonja se verhouding. Naomi ontferm haar oor Louisa en haar hartseer, terwyl Karli se selfoon weggeneem word.

18:30 7de Laan (SABC2): Neville maak ’n groot besluit oor sy toekoms. Diederik sien Kim se vriendelikheid as iets meer.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span gaan kuier by die aktrise Erica Wessels en praat oor haar loopbaan. Hulle gaan kyk ook ’n verhoogstuk van Chanelle de Jager en woon die sanger Joe Foster se eerste solo-vertoning by.

20:00 Kokkedoor (kykNET):

20:30 O Shucks! Here comes UNTAG (e.tv): Sit terug, ontspan en laat Leon Schuster jou lekker lag!