17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Chris deel ’n opwindende alternatief vir die oggendmaal. ’n Geurige tamatiesous geïnspireer deur die Midde-Ooste saam met fetakaas en boerewors laat reeds die mond water.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Dis Fritz se verjaarsdag en daar word bontgestaan om seker te maak hy vind nie van die partytjie uit nie. Astrid is vasbeslote om haar diamante te beskerm.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen is jaloers op Pippa en Margot se nuwe vriendskap. Sonja se uitbarsting kry nie die gewenste reaksie van At nie. Quinton is bekommerd oor sy optrede. At maak ’n aanbod aan Wimpie.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kyk watter skoolkinders blink uit in drama by die jaarlikse Nasionale Toneelspelkompetisie in die Kunstekaap. Hulle maak ook ’n draai by die gewilde Afrikaanse sanger Elizma Theron en haar baba.

19:30 24: Live Another Day (M-Net): Dis net nog ’n merkwaardige dag vir die vlugteling Jack Bauer, wat in ’n resies teen die tyd gewikkel om die wêreld te red en terselfdertyd van die CIA te ontsnap.

20:01 Kokkedoor (KykNET): Op die geil groen grasperke en onder dreigende donderwolke wat reën beloof vir die Karoo word die oorvloed en oes van seisoenvrugte gevier. Vrugte is die held. Kwarteltjies kry ‘n pikante vrugte-en rysvulsel. Die gassjef van die beroemde Babylonstoren bring gevorderde tegnieke kombuis toe en inspireer vrugte-skeppings wat asem wegslaan en monde laat water.