Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Ilse Kook (kykNET): Ilse kook seekos: Op die spyskaart is Thai gestoomde stokvis met tatsoi-en-papaja-slaai en ’n lemmetjie-en-rissie-sous, peri-peri-en-grondboontjiebotter-garnale, salm-, vinkel-en-aartappel-pakkies, asook harissa-geroosterde forel met murgpampoentjies en komyn.

18:30 7de Laan (SABC2): Omdat sy nou ’n aandeelhouer is, begin Nthabi haar gewig rondgooi by die Times. Rick dink daaraan om ’n huis te koop. Emma raak nog meer verward oor wat sy moet doen.

19:30 Motive (M-Net): ’n Bekende bokser se lyk word by sy gim gekry. Dit lyk vir Flynn en Vega of almal ’n motief het.

20:00 Nege Maande (kykNET): Dis ’n spesiale dag vir Annamarie en Rudene: Hulle stel hul seun, Aden, voor aan sy babasuster, Ruanna. Amore en Nikita kry elk ’n toer van die Clinton-hospitaal.

20:30 SA’s Got Talent (e.tv): Die vierde seisoen begin. Die soektog begin weer vir Suid-Afrika se volgende talentvolle ster.

21:30 Mad Men (M-Net Series Showcase): Don kry onverwags ’n besoeker. Peggy soek inspirasie. Ken gee die kreatiewe afdeling ’n groot uitdaging.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.