18:00 The Crazy Ones (M-Net): Terwyl hulle aan idees vir ’n reklameveldtog vir ontbytburrito’s moet dink, stel die span pal uit en begin oor mekaar se persoonlike lewe gesels.

19:30 Once upon a Time (M-Net Series Showcase): Mnr. Gold oorrreed David om hom te help om Belle se geheue terug te kry sodat sy haar liefde vir hom sal onthou.

19:30 Bravo! (kykNET): Ons praat met die ontwerper Ruald Rheeder en die bekendste Afrikaanse grotman, die akteur Hannes Muller. Ons besoek ook die Oscars van die Suid-Afrikaanse tydskrifbedryf, die Picas.

19:30 Revenge (M-Net):Victoria nooi haar langverlore seun, Patrick, om by hulle in te trek. Jack stel Emily voor ’n ultimatum en sy vermy die vasstel van ’n troudatum met Daniel.

20:01 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Dis die laaste dag op die plaas en die spanning loop hoog, want elke boer moet binnekort weer kies. Party boere sukkel om hul emosies te verwoord; ander gesels openhartig oor hoe hulle voel.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Nora nooi haar oorlede broer se buite-egtelike dogter vir ’n familie-ete, al is van haar kinders daarteen gekant. Kevin se geheime verhouding met ’n filmster bereik nuwe hoogtes.