17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo is in ’n hoek en Celine neem ’n besluit wat hulle toekoms op die spel plaas. Lida maak emosioneel oop teenoor Fritz en Celine en Fritz verras haar met iets besonders.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia help Sonja om ’n werk te kry. Petro beplan ’n verrassing vir Bernard.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan hoor wat Daleen te sê het en Jana moet weer van vooraf keer dat een van haar suens die hasepad kies.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Reign (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks oor die jong Mary, Koninging van Scots.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Die vraag is nie wat was eerste – die hoender of die eier nie – die vraag is hoe enigiets in die kombuis kan gebeur sonder die alledaagse eier? In hierdie episode is eierwit en eiergeel die hoofkarakters op die verhoog. Eierwit bring ‘n eteriese, wolkerige en veerligte karakter na poedings en koek, terwyl eiergeel se rol as smaakverryker, verdikkingsmiddel en kleuragent vereer word. Saam is hulle ‘n tour de force. Die drie beoordelaars stel elkeen ‘n uitdaging wat hul bewondering vir eiers uitbeeld en magiese meringue benut.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.