18:00 Mike & Molly (M-Net): Molly probeer ’n ekstra geldjie wen toe sy en haar vriendinne op ’n luukse boot gaan dobbel.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter is op pad Karoo toe en Fritz is geensins beïndruk nie. Anthony is opgewonde oor ’n moontlike nuwe plek vir ’n botoks-spreekkamer. Astrid begin haar planne om AJ te verlei in werking te stel. Vicky se “swangerskap” veroorsaak konsternasie. Wouter kry verpletterende nuus. Stef laat Vicky verstaan dat hy graag ’n kind van sy eie wil hê, maar Vicky ontvang dit nie goed nie. Stadig maar seker begin AJ sy hart teenoor Astrid oopmaak.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 Binnelanders (kykNET): Okkie kry ontstellende nuus oor Wimpie se toestand. Ilse vat Sandra ’n slag vas. Margot besluit om haar lot in haar eie hande te neem.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Sonja van die nuwe skoolklere hou wat Felicity spesiaal vir haar ontwerp het? Emma is ontsteld, want Marko se ma verwag van hom om Prieska toe te gaan om haar te help.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span maak ’n draai by die skreeusnaakse aktrise Esther von Waltsleben en gaan kuier agter die skerms van ’n Habits-fotosessie op die wynplaas De Grendel.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:30 Me, Myself And Irene (e.tv): ’n Polisieman met ’n gesplete persoonlikheid moet ’n vrou beskerm wat van haar eks-kêrel en sy medewerkers wil wegkom.

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

22:30 Two And A Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.