16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Deirdre se teenwoordigheid op Soetwaterfontein ontstel Hannah baie. Bertho Lopes verras Monique met 'n present. Markus se optrede veroorsaak baie onmin en hy betaal die prys daarvoor.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Denver en Jade is op 'n ongemaklike plek en hulle huwelik word beproef. Anja probeer om 'n verhouding tussen Fafa en Bella te bewerkstellig en Schalk is steeds op die oorlogspad om regstappe teenoor Iva se dokter te neem.

18:30 7de Laan (SABC2): Diederik probeer sin in Marko se kop praat. Bonita is desperaat om uit hierdie situasie te kom.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné skok die Ferreiras. Jana stel 'n dokter voor aan die span by Binneland Kliniek en Eben maak 'n indruk op die meisies. Tertius probeer 'n dokter ondersteun en krake in 'n verhouding begin wys.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Die goue era van die poedingtrollie herleef weer. Dit neem veral vir Mari-Louis terug na haar klein-dorpie grootword jare waar die plaaslike hotel se verskeidenheid poedings die hoogtepunt van die Sondagete was.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met die musiekgroep Twee, en die akteur Reynard Slabbert. Ons vind ook meer uit oor Danielle Clough se unieke borduurkuns en hoor wat die grootste dekor-trends van 2016 is.