17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Elma pak ’n découpage-projek saam met Ingrid Smit aan en wys jou hoe lekker dit kan wees.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal verwerk die gebeure van die afgelope paar dae, onbewus daarvan dat Lindie by Isabel gaan aanklop het. Eben wonder of hy nie liewer moet tou opgooi met sy pogings om Carina van Marius te laat vergeet nie. Astrid maak dit duidelik dat sy nie die Villa gaan verlaat nie. ’n Gespanne Liam wag steeds dat sowel Lindie as Astrid hom moet vergoed. Dan gebeur die ondenkbare.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Xander is onder geweldig baie druk, want hy voel almal steun op hom. Sonja het op ’n naam vir haar baba besluit.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana deel haar bekommernisse met Margot, en Zadie kom agter die kap van die byl. Okkie is op die oorlogspad, en Morné doen moeite met ’n ete. Daar is ’n groot uitbarsting tussen Jana en At, en Kobus reël iets spesiaals vir Nagskof.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span praat met Bok van Blerk en Brümilda van Rensburg oor hul nuwe fliek, Leading Lady. Soos verlede week kuier hulle steeds in Namibië, dié keer saam met Amor Vittone. Hulle keer dan terug Boland toe vir ’n huldigingskonsert vir die legendariese Ollie Viljoen.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv):  Die vier oorblywende spanne reis na die Buffelsdrift-wildsplaas net buite Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Sonder ’n avontuurreis sou dit nie ’n tawwe program wees nie. Dit is die voorlaaste been voor die finale en die spanne jaag om vyf uitdagings te voltooi voor hulle hul vure aan die gang kan kry. Hierdie Karoo-dorpie is bekend vir sy volstruisplase; dus is dit net gepas dat hulle klassieke steak-geregte met ’n volstruis-kinkel moet berei. Twee spanne wat nie die beoordelaars beïndruk nie, kom teen mekaar te staan in ’n uitgerekte uitskakelingsuitdaging. Een van die twee spanne is te uitgeput en emosioneel om te fokus op die op die taak wat voorlê. Ná ’n swak vertoning verloor hulle ’n plek in die topdrie.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.