Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef en Fritz maak ’n laer aanbod op Astrid se Villa-aandele en sy spoeg vuur.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Gaan Bertus kies tussen Sonja en Nadia? Emma onthou ál meer oor haar nagmerrie-ervaring.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Die troudag breek eindelik aan. Rian besef Pippa steek iets vir hom weg, en Pippa konfronteer Quinton. ’n Ongenooide besoeker veroorsaak amok in die kerk.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs uit alle dele van Australië ding mee om die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die Masterchef-titel wen.
  • 19:30 Revenge (M-Net): Revenge keer vanaand terug ná ’n kort produksiepouse. Emily voer weer nuwe planne in die mou om die Grayson-gesin te ontbloot.