• 17:30 Woema (KykNET): Die Woema-span toets ’n ou bekende motorfiets met ’n syspan en ook ’n lugsak-baadjie wat jou lewe kan red. Dan ry Theunis en Johan vlegwerk toe, om meer te leer oor die gevare van in die verkeer ry.
  • 18:00 Villa Rosa (KykNET): Carina en Eben is verleë oor hul ma se gespog. Liam stel voor dat hy en Carlo vir Isabel ’n ete berei, maar hy het natuurlik ander planne.
  • 18:00 The Crazy Ones (M-Net): Andrew en Zach probeer Simon se selfvertroue ’n hupstoot gee nadat hy ’n kreatiwiteitwedstryd verloor.  Intussen steel ’n nuwe troeteldier Sydney se hart.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Gaan die jong klomp Sifiso en Pulane betrap terwyl hulle soen? Emma beleef ’n nuwe krisis.
  • 18:30 Binneland (KykNET): Daleen en Tertius is baie bekommerd oor Nina se probleem; haar dagmoeder skok hulle selfs meer. Zadie gaan voluit met die veranderinge wat aangebring word by Tonik, maar Okkie is nie beïndruk nie.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs uit alle dele van Australië ding mee om die geleentheid om hul kookkuns te ontwikkel, maar net een kan die Masterchef-titel wen.
  • 19:30 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span vier die tweede verjaardag van The Palms Market in Woodstock saam met bekende sjefs. Hulle gesels ook met die musiekteater-ster Carmen Pretorius en Clare Wiese.
  • 20:00 Jou Show (KykNET): Elvis Blue steel almal se hart met sy ongelooflike stem en groot hart. Hy kuier saam met Dr. Victor, wat vertel hoe hy beroemd geraak het.