17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Vanaand is Alex en Charlie in Hermanus waar ’n klein, vaal vertrek in ’n kinderkamer omskep word.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dinge tussen Stef en Marius bereik breekpunt, terwyl Saskia nie haar gevoelens vir Stef kan wegsteek nie. Liam word besitlik teenoor Hanna, en Celine wil nie hê Cardo moet in haar liefdeslewe inmeng nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria word in die deli toegesluit en Marthinus is nie bly oor Paula se toekomsplanne nie. Rob May tree op in Hillside.

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve maak ’n belofte aan ’n pasiënt. Daleen weier om ’n opdrag uit te voer en CCTV-bande bemoeilik ’n saak. At besef ’n dokter sal enigiets doen om by Binneland te werk.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode moet Harvey en Mike ’n saak aanpak waarvoor nie een eintlik kans sien nie.

20:00 Bravo! (kykNET): Die gasaanbieder Lee Scott kuier saam met die Britse sangeres Jennifer Rush op haar Suid-Afrikaanse toer. Die span woon ook die premiere by van Glory Game, die fliek oor Joost van der Westhuizen.

20:00 Reign (M-Net Edge): In vanaand se episode is Catherine oortuig daarvan dat Mary en Condé ’n affair het, en Francis word deur siekte platgetrek.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier die sanger Vusi Mahlasela en die akteur Waldemar Schultz by Karen.

20:30 I Think I Love My Wife (e.tv): ’n Gefrustreerde. Getroude bankier word in die versoeking gebring wanneer sy eks-meisie kom kuier. Met Chris Rock.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.