Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Ilse Kook (kykNET): Reeks eindig. Ilse is opgewonde oor die komende somer en kook met somervrugte. Op die spyskaart is gebraaide haloemikaas- en aarbeislaai met swartpeperbalsemiek, mangojogurt-parfait met gebraaide pynappel, waatlemoen-gazpacho en kersie-en-hawermout-frummelpoeding.

19:30 Bravo! (kykNET): Die span kyk agter die skerms van die toneelstuk Tango wat op Aardklop opgevoer word met Katinka Heyns as die regisseur, voer ’n onderhoud met Bianca le Grange, een van die sterre in David Kramer se verwerking van die musiekblyspel Blood Brothers, besoek Caring Daisies se jaarlikse geldinsamelingsgeleentheid en praat met een van Suid-Afrika se suksesvolste mense in die vermaakbedryf, Willie Esterhuizen.

19:30 Once upon a Time (M-Net Series Showcase): Belle loop Hook in die hawe raak. Mnr. Gold kry ’n onwillige proefkonyn vir sy nuutste towerspreuk.

20:00 Nege Maande (kykNET): Dis die slotaflewering en die twee tienerma’s se beurt om die lewe te skenk. Chantelle (19) skenk die lewe aan haar en Niel se tweeling. Nikita (17) word om middernag opgeneem en probeer als in haar vermoë om normaal geboorte te gee. Ons kyk terug na die ma’s se reis en vier die geboorte van hul babas.

20:30 Hawaii Five-0 (M-Net): Die aand voor die verkiesing vra die goewerneur die span moet die moord ondersoek op ’n prostituut wat in ’n vermiste kongreslid se bed gekry is.

20:30 Top Billing (SABC3): Jeannie D voer ’n onderhoud met die sterre van die fantasie-komedie R.I.P.D., Ryan Reynolds, Jeff Bridges, Kevin Bacon en Mary-Louise Parker.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.