16:30 Vallei Van Sluiers (kykNET & kie): Chloe is skielik baie alleen in haar skuld. Emma en Monique geniet die kennismaking met Bertho se gesin. JP se opgewondenheid oor die moontlikhede van 'n nuwe werk ken geen perke nie.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Tian Smith, sy ma, Ansie, en sy vrou, Zenda, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Festus en Koekie beraam nuwe planne. Fafa soek na 'n metgesel vir die troue, en 'n Facebook-video het die Bekker-gesin histeries. Denver sien swarigheid vir die wegwedstryd. Die Stryders vertrek Kaap toe.

18:30 7de Laan (SABC2): Willem het sy mes in vir die Meintjies-familie. Paula is angstig oor haar groot dag.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Annelize se konfrontasie met Eben lei tot groter probleme en Tertius moet ingryp wanneer Danny en Adelyn mekaar verkeerd opvryf. Steve probeer 'n kollega uithelp en 'n paramedikus gaan hom nie so maklik laat beskinder nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:30 Koekedoor (kykNET): Vir ons tuisgebak-uitdaging moet die Koekedore 'n verskeidenheid koekies bak as sierlike eetbare Kersgeskenkies. Amandelsterre en koffiekoekies wat drup van nostalgie is op die spyskaart.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met die wenner van The Voice, Richard Stirton, en met die Afrikaanse sanger Refentse. Ons kyk die nuwe fliek 'Alice Through The Looking Glass' en druk ons neuse in 'n paar boeke.