17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben voel nie goed ná die partytjie waarby hy en Carlo was nie en wonder of hulle drankies gedokter was. Vicky wil Stef vra om verloof te raak, maar hy het ander planne. Intussen tref Sonja die finale reëlings om die paartjie by Bakgat te verras. ’n Ou vriend van die Villa daag op, maar nie alleen soos altyd nie. Dié keer bring hy ’n spesiale vriendin saam...

18:30 7de Laan (SABC2): Die Times het nuwe lewe gekry, Anna en Bernard is ’n gedugte span. Marko besluit om Emma se woonstel te verkoop.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rossouw het nou ’n persoonlike vendetta teen Zieg, en Pippa is geskok om te hoor van Sunette by Rian. Karli het ‘n noue ontkoming met Cedric, en die meisies word genoodsaak om ’n vergadering te hou oor hul kuiergaste. Jana probeer Susanna tot ander insigte bring, en Ongevalle raak ’n teer punt vir Karli. Ilse en Jana sit nie om dieselfde vuur nie.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Vikings (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die Noorse held en sy Viking-broers volg.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons gaan na een van die repetisies van Liewe Heksie: Flower Power, die pantomime wat vanjaar by die KKNK opgevoer word. Elizabeth Cloete nooi ons na haar huis vir tee en Hannon Bothma stel sy nuwe boek bekend.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Koekblikke is ’n simbool van tuisgebak. Dink maar aan die groot verskeidenheid koekies met die mooiste name soos anyskoekies, soentjies, konfythartjies, skurwejantjies en die kroonprinses van die koekblik: die outydse soetkoekie. Selfs al is ’n koekblik leeg, talm die herinneringe steeds in die geure van klapper, speserye en konfyt.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.