Dit is vanaand op die kassie:

17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Vandag neemChris ons deur die bereiding van ’n paar van sy gunsteling-items op ’n lekkerbek-peuselhappie-spyskaart. Die smulgereggies sluit in calamari-buise, kekerertjie-flappertjies, ryspapier-toebroodjies en mini-viskoekies.

18:00 2014-Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi (SABC1): Kyk hoe Portugal en Ghana mekaar by die Wêreldbekersokkertoernooi in Brasilië pak.

18:00 Mike & Molly (M-Net): Nadat Mike tydens ’n rooftog raakgeskiet is, besluit hy hy leek elke dag asof dit sy laaste is en bedank uit die polisie.

18:00 2014-Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi (SABC 3): Kyk hoe die VSA en Duitsland mekaar by die Wêreldbekersokkertoernooi in Brasilië pak.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid se geheimsinnigheid dryf Stef teen die mure uit. Liam weet net hoe om met ’n kwesbare Isabel se gevoelens te werk. Carina vind uit Eben het hul ouers nog nie van sy beplande reis na Londen vertel nie. Wouter versoek almal om Wanda met respek te behandel. Stef besef eindelik waar Astrid die diamante weggesteek het.

18:30 7de Laan (SABC2): ’n Desperate Herman moet aanvaar daar is niks wat hy vir Nadia kan doen nie.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Okkie en Ilse kry stry oor Wimpie, terwyl Jana en Margot nesskop. Tertius soek antwoorde by Daleen, terwyl Gustav haar probeer troos. Quinton kry opwindende nuus wat hom opnuut in die kollig gooi. At fokus op die troureëlings, maar is nie beïndruk met Jana se optrede nie.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span gaan kuier by die aanbieder en aktrise Therese Benade in die Kaap. Sy het onlangs klaargemaak by Villa Rosa en is nou ’n Kwêla-aanbieder.  Die sanger Elizma Theron maak ook haar huis vir die Bravo!-span  oop, en wys ook hoe lyk haar baba.

20:00 Kokkedoor (kykNET): ’n Historiese banketmaal kry ’n nuwe manelpak en moderne pluiskeil. Kokkedoor klim in ’n tydmasjien en reis terug na Die Feeshuis. Die Kokkedore het net 5 uur om ’n feesmaal voor te sit.

20:30 The Bone Collector (e.tv): ’n Speurder en sy vroulike vennoot moet ’n reeksmoordenaar opspoor.