17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Die Foxwood Kunstefees is ’n week propvol kuns, musiek, interessante praatjies en gesprekke, en natuurlik heerlike kos en wyn. Lochner de Kock is vandeesweek ons gasaanbieder.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sonja se agterdog oor Anthony en Maryke groei. Fritz gee vir Eben goeie raad. Marius reik uit na Carina en sy moet baklei teen haar gevoelens vir hom. Anthony en Isabel maak vrede. Nico waarsku Sonja om ’n wag voor haar mond te plaas. Carina het inligting oor AJ wat sy nie met Eben wil deel nie. Gunther kry ’n onaangename verrassing. En wat is die konneksie tussen Maryke en Nico?

18:30 7de Laan (SABC2): Errol en Hilda se besigheid is ’n groot sukses. Charmaine is nie haarself nie – die geyselaarsdrama het haar meer geraak as wat sy verwag het.

19:00 Criminal Minds (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die FBI volg om te sien hoe hulle kriminele vastrek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi maak ‘n ontdekking oor Kobus wat haar ontstel en Cheri-Lee oorreed iemand anders in die sentrum om saam met haar ‘pret’ te hê. Okkie probeer om die swaar taak makliker te maak vir Zadie. Ronnie raak betrokke in ‘n geveg wat nie in die kryt plaasvind nie en At wil vir Susanna help met die sentrum. Okkie bevind homself in ‘n moeilike posisie rakende Merle.

19:30 Iconoclasts (SABC3): Vind uit wat dryf die bekendste kunstenaars, akteurs en musikante.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons begin met twee sangers op die Weskus, die geliefde Wynand en Cheree. Die Binge-gesin maak hul huis vir ons oop en deel hul kennis oor die vermaakbedryf. En ons is by die spoggerige programbekendstelling van vanjaar se ABSA KKNK.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Ons bring hulde aan die bekende operaregisseur, choreograaf en kostuumontwerper Neels Hansen in hierdie spesiale uitsending.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.