17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke. Die komediant gesels met bekendes en gewone mense met buitengewone verhale, en sy voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mike & Molly (M-Net):  Molly betrap Carl laataand buite Victoria se kamerdeur en weet nie of sy Mike moet vertel nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Louw is knieserig en dit laat Marius nog meer voel hy is nie deel van sy kind se lewe nie. Sussie is vasbeslote om die nuwe perseel te koop, Astrid se inmenging ten spyt.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Jana moet tot die uiterste gaan om ’n onwillige verpleegster te kry om ’n versoek te oorweeg. Nog ’n ongevalle-dokter word oorreed om sy witjas vir ’n rooie te verruil.

18:30 7de Laan (SABC 2):  Die ware feite oor Emma en Marko se vakansie kom aan die lig. Gaan Paula se jaloesie probleme tussen haar en Altus veroorsaak?

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs ding mee om die kans om hul kookvernuf te verbreed en ontwikkel, maar net een kan die MasterChef-kroon wen.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span praat met ’n vader van die Afrikaanse musiekbedryf, Boet Pretorius, en vergesel Vredendal se bekendste spiertiere, die K2-twins, na ’n fotosessie vir ’n tydskrif. Daar is ook ’n onderhoud met  die gewilde sanger Adam Tas.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Zoid gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige burgers.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitelug-kookkompetisie is hier. Kyk hoe 15 spanne om die titel meeding.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika en in die buiteland. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en voer eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:00 10 uit 10 (KykNET): ’n Mens kan dié Suid-Afrikaanse vroue altyd deur ’n ring trek, maak nie saak watter geleentheid hulle bywoon nie. 10 uit 10 kyk na 10 geliefde welgeklede vroue.

22:30 Under the Dome (M-Net): ’n Kragveld bedek skielik ’n dorpie en maak kontak met die buitewêreld onmoontlik.

22:30 Two and a Half Men (SABC 3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe verander ingrypend toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom kom woon.