Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz se gedrag begin almal in die Villa bekommer. Vicky en Marius se krisis begin sy tol eis. Stef en Carina moet kophou. Liam kom met ’n baie vuil plan vorendag wat Fritz verder ontsenu.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Sonja die regte besluit gemaak om Anel as Wian se oppasser aan te stel? Louis het baie nuwe idees en planne vir T&T. Gita sal nie toelaat dat enigeen in die pad van haar sukses staan nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa is nie so seker oor die idee op die tafel nie. Van se kop is nie heeltemal by die gesprek nie. Jana kry ’n nuwe aanbod.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:30: Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Die gewilde geselsprogram met Sandra Prinsloo is terug op die kassie.

21:00 True Detective (M-Net Edge): Die tweede seisoen van die misdaadreeks begin vanaand. ’n Nuwe storielyn, heeltemal verwyder van die gruwels van die eerste seisoen, word vertel. Colin Farrell en Vince Vaughn vertolk die hoofrolle. ’n Moet.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.