16:30 Lek jou lippe af (VIA): Ons vier manne is sag op die oog, maar treurig in die kombuis. Hulle meld aan in sjef Nina se kombuis en sy leer hulle hoe om bros gebraaide spek, mieliebrood en mini-frittatas te maak.

16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Coenie ontmoet die mense wat ongewone en dikwels lewensgevaarlike beroepe beoefen. Hulle is die manne en vroue wat op lewendige hoogspanningsdrade sit, wat doodsveragtend tien meter bo die grond swaai.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Rocco de Villiers en 'n klavier is amper sinoniem. Daar is min pianiste wat 'n klavier met soveel passie kan speel as hy. Jak gaan saam met hom terug na sy hartsplek, die Vrystaat.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam kan nie glo Saskia het hom met 'n slap riem gevang nie, maar kom onverwags op iets opwindends af. Lida praat met Eben oor sy houding teenoor Marcel en Juanita du Plessis daag by die Villa op.

18:30 7de Laan (SABC2): Willem neem dinge in sy eie hande. Sal Xander sy praktyk se reputasie kan red? Oubaas deel sy wysheid met Douglas.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa vra At om 'n pasiënt te skuif. Morné is in 'n ongemaklike situasie met Naomi, en At dink dit is tyd om vir Mikey te konfronteer. Karli doen wat van haar verwag word en Jana het goeie nuus vir die dokters in Ongevalle.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons klop aan by Rolanda Marais en bespreek haar rol in die opkomende fliek, 'Johhny Is Nie Dood Nie'. Ons gaan loer in by Irshaad Ally en gaan kuier saam by die Kaapstad-karnaval. Dan luister ons na Joshua na die Reën.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): 'n Kleindogter beraam 'n slinkse, wrede plan om vroegtydig haar erfporsie uit haar oupa te kry. Die ou man is egter nie so salig onbewus van haar planne as wat hy voorgee nie.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Die Republiek word besoek deur skoonlief Deon Lotz en Mynie Grove gaan saam met Karen jou TV skerm aan die brand sing met een van die mooiste Afriaanse liedjies ooit.

20:30 Lorraine Pascale Cooking Made Easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): 'n Vars en energieke blik op die wêreld van Suid-Afrikaanse kuns, modes, vermaak en sosiale gebeure. Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie deel hul unieke opvattings oor popkultuur, aanlynmedia en die kunste met ons.