18:00 Mike & Molly (M-Net): Mike vra Carl om by die salsa-klasse eerder Molly se dansmaat te wees, maar raak gou jaloers toe hy sien hoe hulle dit geniet.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie en Eben is steeds teleurgesteld omdat hulle dink hul plan vir Marius en Carina het gesneuwel. Stef is ontstig oor Astrid se tiende aan die kerk en beraam ’n plan om eindelik vir goed van haar ontslae te raak. Vicky bereik ’n keerpunt in haar en Stef se verhouding. Astrid slaan ’n onverwagse ses.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Dawn het genoeg gehad van Zadie se ontroue kêrel. Quinton kry kritiek uit alle oorde, maar steur hom min daaraan. Wimpie skok Ilse met iets wat Okkie vir haar weggesteek het.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja smeek haar pa om haar en haar ma nie meer te treiter nie. Aggie begin twyfel in haar en Lindile se verhouding.

19:30 Bravo! (kykNET): Marita van der Vyver kuier op die oomblik uit Provence in die land, en die Bravo!-span gesels saam met haar oor kos, skryfkuns en die Franse platteland.

20:00 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:30 Panic Mechanic (e.tv): Sit terug, ontspan en laat Leon Schuster toe om jou lekker te laat lag!

22:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.