17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Chris deel sy resepte wat gunstelinge by die boeremarkgangers is: sy bekende muesli-koppies met seisoenale vrugte en spesialiteitshoender met Coronation-sous.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  AJ is vasbeslote om sy seun terug plaas toe te neem. Sussie gee Fran raad oor hoe sy tot Anthony kan deurdring, terwyl Marius Wouter by iets konstruktiefs probeer betrek.

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Simon se nuwe verhouding word getoets toe Gordon en sy lewensmaat se paadjies skei.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman besluit om al Gita se bose planne stop te sit en Hilda sit weer die laken op in haar en Oubaas se woonstel.

18:30 Binnelanders (kykNET): Bea en Ilse sit nie langs dieselfde vuur rakende tydbestuur nie en Malan probeer ’n verhouding herstel. Naomi vertel Quinton van Roelf. Morné deel sy planne met Ilse en Okkie.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier by die aktrise Jenna Dunster. Sy is die dogter van Wilston Dunster en Elize Cawood, ’n talentvolle aktrise uit eie reg.

19:30 Revenge (M-Net): Emily en Aiden ontbloot donker familiegeheime terwyl hulle Pascal ondersoek. Intussen gaan besoek Victoria Mason Treadwell.

20:00 Kokkedoor (kykNET): Dis weer daardie tyd van die jaar waar die Kokkedoor-span die beste kokke in Suid-Afrika soek, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.