17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Trou is nie perde koop nie en die liefde het ’n geneigdheid om by die agterdeur uit te glip sodra armoede by die voordeur inkom. Maar die begin van ’n huwelik hoef nie die einde te wees nie, en in dié episode kyk Elma Postma na verskeie maniere om geld te bespaar op jou groot dag.  So kan jy meer geld hê vir jou lewe saam met jou maat, of selfs vir ’n eksotiese wittebrood.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET):  Marco draai Sussie steeds om sy pinkie en sy wil niks slegs van hom glo nie. Lindie besef sy voel nog iets vir Marius en begin dink dit is tyd dat sy uit Bloemfontein padgee. Marius en Carina is haaks, maar Vicky probeer vrede tussen hulle maak. Intussen het Stef en Astrid net sewe dae om Marco te ontmasker voor Sussie met hom trou.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Emma maak reg om Hillside te verlaat. Intussen dreig Rick haar en kom Oubaas tot haar redding. Errol begin gim om meisies te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Baie moeilike besluite moet gemaak word, en Zadie besef daar is fout met Ivanka. Karli wil meer oor haar ma se liefdeslewe weet, terwyl twee dokters voor ’n besoeker ’n flater begaan.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span maak ’n draai tussen die rakke van Hollywood Costumes, ’n reuse verskaffer van partytjie-kostuums, maar ook ’n plek waar kostuums vir flieks en TV-reekse gemaak word. Elsje Tieleman en Jacques Pepler van Villa Rosa-faam nooi die span saam om te sien hoe Elsje rokke aanpas vir haar troue, en hulle leer die twee, wat broer en suster in die sepie speel, beter ken. Dan woon hulle ’n fondsinsamelingsaand by vir Huis Jabes, ’n tehuis vir mishandelde vroue en kinders. Van die land se voorste rugbyspelers was ook daar.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Dit is blitsafspraak-tyd op Boer Soek ’n Vrou. Vind uit wie elk van ons topvyf-boere gaan kies.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie is hier! Kyk hoe 15 spanne teen mekaar meeding om die titel te verower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.