Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Oulap se Rooi (kykNET): Die span maak ’n draai in Kempton Park waar ’n slaapkamer oorgedoen moet word. Die vertrek, wat eers as pakkamer gebruik is, is netjies in ’n romantiese, klassieke hoofslaapkamer omskep.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef weet Liam is verantwoordelik vir die fiasko by Van Romberg en Retief, maar kan dit nie bewys nie. ’n Geliefde gas keer terug na die Villa.

18:30 7de Laan (SABC2): Probeer iemand vir Ty en Gita uitoorlê? Irma help vir Sonja om haar lewe reg te ruk. Iemand leer op die harde manier om nie Matrone se koeksisters te beledig nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius kry Sonette se toetsuitslae. Naomi het meer as een rede om breed te glimlag. Sonette kry ’n nuwe blyplek en Jana maak meer as een korrekte afleiding.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): In vanaand se episode het Harvey hom nog nie berus by wat gebeur het nie, en kry te doen met ’n teenstander wat beweer hy het verander.

20:00 Bravo! (kykNET): Die span kuier agter die skerms by Binnelanders se publisiteitsfotosessie.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier Anneli van Rooyen en Jana Cilliers by Karen.

21:00 True Detective (M-Net Edge): ’n Uitmergelende misdaadreeks waarin die polisie en lede van die Los Angeles onderwêreld koppe stamp en ook saamwerk om ’n bose moordenaar in hul midde op te spoor.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.