17:30 Woema (KykNET): Theunis, Anria en Johan deel alles en nog wat oor motorfietse en motorfietsry. Word deel van die avontuur.

18:00 The Crazy Ones (M-Net): Andrew en Zac is in ’n groot stryd oor wie die meeste spa-produkte gebruik. Sydney raak verslaaf aan ’n gewelddadige rekenaarspeletjie.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Astrid konkel nog om Isabel en Nadine se verhouding te verongeluk. Wouter en Nadine se bootjie bevaar ook onrustige waters; ’n nuwe meisie op die dorp maak dit ook nie makliker nie.

18:30 7de Laan (SABC 2): Hilda beplan ’n buitengewone dans vir Pulane se verwelkomingspartytjie. Pieter vermoed Ettiene is verlief op Annelie.

18:30 Binneland (KykNET): Gideon is glad nie gelukkig wanneer hy hoor wat Marlien by Binneland mag doen nie. Jan neem ’n besliste standpunt in jeens Bea en Franz.

20:00 Jou Show (KykNET): Nianell bewys weer hoekom sy een van ons gewildste kunstenaars is.

20:30 Enough (e.tv): ’n Vrou het genoeg gehad van haar gewelddadige man en leer haarself terugbaklei om haar en haar dogter te beskerm.