17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): In die kombuis slaan die driestuks ’n fees aanmekaar van ciabatta met knoffelbotter, aartappelslaai met ’n soet mosterdsous en gebraaide snoek bedruip met appelkoosglasuursel.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter werk aan ’n plan om Fritz met ’n konsert op sy verjaarsdag te verras, maar hy loop hom telkens vas. Anthony kry skokkende nuus toe hy Astrid konfronteer oor Valdez.

18:30 7de Laan (SABC2): Die koekverkoping ontaard in ’n groot kompetisie tussen Hilda en Matrone. Errol lewer ’n roerende pleidooi om Charmaine se toekoms te red.

18:30 Binnelanders (kykNET): Emil en Morné beland in groot moeilikheid. Zadie bedink ’n manier om haar vriende ordentlik te bedank vir hulle hulp. Quinton en Margo lyk nie asof hulle hul probleme kan oplos nie.

18:30  Big Town Dance (M-Net): Die Got to Dance-beoordelaar Ashley Banjo en sy mede-Diversity-lede leer die mense van Stockton-on-Tees dans. Hulle het net twee maande om te oefen voor hulle voor meer as 5 000 inwoners moet optree.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span praat met twee legendariese Suid-Afrikaanse akteurs, Marius Weyers en Sandra Prinsloo, wat vanjaar ná jare weer saam op die verhoog verskyn. Dis SA Weddings se Bruid van die Jaar-kompetisie.

19:30 Revenge (M-Net): Niks gaan Emily en Victoria keer om mekaar te vernietig nie. Lewens sal verlore gaan en die toekoms gaan verander, maar wie gaan wen?

20:01 Kokkedoor (kykNET): By ‘n jolige dans het jy krag nodig en ‘n wyntjie vir die dors. Vleis op die spit word vir sulke feestelikheid ingespan om die skare te kan kosgee. Vleis op die spit is ‘n adelkuns van die vuur, eens net die eer van koninklike kokke. Lamsboud, vark en eend kry die kroonbehandeling en vormslaaie - die gewilde bykos uit die 1950’s – pronk by die langarmdans langs die dorpsdam. En Snotkop maak sy verskyning by dié makietie.