17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Die Kalahari-kuierfees wat jaarliks op Upington plaasvind, is nou al ’n instelling op Fiësta. Vanjaar kuier Andries Vermeulen heerlik saam met ons op die oewers van die Oranjerivier by hierdie feestelikheid.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Ten spite van almal se waarskuwings ontferm Anthony hom steeds oor Maryke, maar dan kry hy ’n ontstelde SMS. ’n Vergadering word belê toe die uitslae van die DNS-toets gereed is.

18:30 7de Laan (SABC2): Dit is vanaand die boetiek se opening en die Laan verwag ’n spesiale gas van Pasella. Charmaine moet Vince noodgedwonge om hulp vra toe Thandeka weer besluit om tou op te gooi. Die meisies soek verwoed nuwe uitrustings vir vanaand.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné weet wat hy doen as dit kom by Okkie, en Tertius loop hom vas teen Gustav oor nog ’n dubbelskof. Iemand val deur ’n dak, en Zadie het goeie nuus vir Ilse-hulle.

19:30 Man Cave (SABC3): Janez Vermeiren en Lunga Shabalala ding mee in die “ultimate bro-down”.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by die hoof van Big Concerts, Attie van Wyk. Dis tyd vir perde en mode by die Queen’s Plate en ons praat met die akteur Erik Holm oor sy lewe en loopbaan.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en uiteenlopende kulture.

20:00 Crossbones (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die bekroonde akteur John Malkovich vertolk die rol van die legendariese Blackbeard in hierdie seeroweravontuur. Lowe vertrek na Jamaica nadat hy ’n ooreenkoms met Blackbeard sluit.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Sandra luister aandagtig na Riaan Cruywagen se hartsgeheime.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook in die buiteland. Hulle kyk na die jongste modegiere, flieks en voer eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale gebeure.