Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Altus kry goeie nuus oor die mynmaatskappy waarin hy wil belê. Dis Nadia se eerste werkdag by Oppiekoffie.

19:00 Cougar Town (M-Net Series Showcase): Toe iemand Grayson se huis wil koop, probeer die ander besluit of hulle die mense as bure wil hê of nie. Wade keer vroeg terug van Afganistan.

20:00 Nege Maande (kykNET): Monique moet dringend hospitaal toe gaan met kraampyne. Terwyl Nikita op die Clinton-hospitaaltoer gaan, besoek haar ma ’n kliniese sielkundige om raad te kry oor hul familieprobleme. Anna-Marie skenk die lewe aan haar en Rudene se babadogter, Ruana.

20:30 Hawaii Five-0 (M-Net): Max en Sabrina is in gevaar toe ’n bankroof skeefloop.

21:00 Kêrels wat Kook (kykNET): Derek Kübe is die derde kêrel wat Carla du Plessis probeer beïndruk met sy kookvernuf.Sal hy die vorige twee kêrels kan oortref?

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Nora skok die familie toe sy wys sy is nie so naïef soos almal dink nie. Justin besluit om Kitty te vertel van hul pa se affair.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.