18:00 The Crazy Ones (M-Net): ’n Advertensie gegrond op hul pa-en-dogter-verhouding dwing Simon en Sydney om die verlede in die oë te kyk.

19:30 Bravo! (kykNET): Die span kuier by die Bachelor en Bachelorette of the Year-kompetisie, Good Morning Angels se geldinsamelingsgeleentheid en ook by die jare lange akteurs Ivan Abrahams en June van Merch. Hulle woon ook Media24 se jaarlikse tydskrifpryse by.

19:30 Perception (M-Net): Kate word verhoor vir die dood van sers. Rickford, en Donnie bedank as ’n staatsaanklaer om haar prokureur te wees.

20:01 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Daar is nou net twee vroue op elke plaas oor. Die spanning is vir eers gebreek en die boer en die vroue kan lekker saamkuier. Dis ook die vroue se kans om tyd alleen met die boer deur te bring.

21:30 Fringe (M-Net): Walter wil meer te wete kom oor Donald.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Holly en William se dogter maak ’n verrassende verskyning by Ojai Foods. Sarah doen swak keuses wat ander seer maak.