17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo en Celine is smoorverlief en Eben kan nie help om afgehaal te voel nie. Lida kry ontstellende nuus wat sy vir almal behalwe Fritz wegsteek. Liam wil uitvind wat Saskia eintlik in Bloemfontein soek.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas wil vir Moekie in Rondomskrik kuier, maar Hilda is nie opgewonde oor die idee nie. Dewald se ouers is op soek na hom, want hy het nie huis toe gegaan die vorige aand nie. Kim en Diederik kom nie oor die weg nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka maak oop oor har verlede. Rian raak desperaat en Marike druk hom net daardie een stappie te ver. Jana se persvrystelling sien dalk te vinnig die lig en Ilse is baie bekommerd oor ’n nuwe verhouding.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Reign (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks oor die jong Mary, Koninging van Scots.

20:00 Bravo! (kykNET): Dis tyd vir die KKNK 2015 Kannas. Ons woon Shaleen Surtie-Richards se 60ste verjaarsdagpartytjie by en kyk agter die skerms na kykNET se nuwe Beleef Jou Wêreld-advertensieveldtog.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Koekeloerkoeke, ‘peek-a-boo’, raaiselkoeke wat geheime en verrassings in hul rondra is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Deur die eeue het fynbakkers vir die adellikes en rykes koeke gemaak vol drama en ‘n sin vir teater. In die visuele era waarin ons leef is daar ‘n hernieude fassinasie met verskuilde boodskappe in soetgebak. Ou resepte word opgediep, terwyl hierdie koekeloerkoek een van die voorste trends in gebak is.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.